Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Odessa" deur CHARL DURAND
"Odessa" deur CHARL DURAND [boodskap #23143] Vr, 21 Mei 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Odessa
Charl Durand

as ek vorentoe leun
sodat ek beter kan sien
kom jy om die hoek
slank
op jou fiets

odessa
ek sal doodgaan voor jou
odessa
ek sal verdwyn
voor jy onthou

daar's pienk in jou hare
ek kan die kind in jou sien
daar's tyd in jou oë
en woordeboeke soos geslote deure
daar's niemand
wat jou verdien

odessa
praat solank in tale
odessa
vergeet van my
onthou net die dae
Vorige onderwerp: "Verlore Afrodite" deur SHEILA CUSSONS
Volgende onderwerp: "Jann Weiss" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 14:11:57 MGT 2024